A A A A A
Deuteronomium 9
10
Die Here het vir my die twee kliptafels gegee wat Hy met sy eie vinger geskryf het. Daarop was alles geskryf wat Hy vir julle uit die vuur gesê het die dag toe julle by die berg bymekaar was.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

10
Die Here het die twee plat klippe vir my gegee. Die vinger van God het alles op die klippe geskryf, alles wat die Here vir julle op die berg uit die vuur gesê het toe julle daar bymekaar was.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

10
Die Here het my die twee plat klippe gegee waarop Hy as’t ware in sy eie handskrif vir ons sy wil neergeskryf het. Dit was presies dieselfde as wat Hy vroeër vir ons uit die vuur gesê het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

10
Die Here het vir my die twee plat klippe gegee waarop met sy eie vinger al die woorde geskryf was wat Hy op die berg uit die vuur uit met julle gepraat het, die dag met die vergadering.
Afrikaanse Bybel 1983

10
en die HERE het my die twee kliptafels gegee wat beskrywe was met die vinger van God, en daarop al die woorde soos die HERE op die berg, uit die vuur, met julle gespreek het, op die dag van die vergadering.
Afrikaanse Bybel 1933/1953