A A A A A
Deuteronomium 32
6
Is dit hoe julle die Here behandel, julle dom en onwyse volk? Is Hy nie jou Vader wat jou geskep het nie? Het Hy jou nie gemaak en gevorm nie?
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Julle is dwase mense, julle het nie wysheid nie, is dit wat julle doen aan die Here? Hy is julle Vader, Hy het julle gemaak. Hy self het julle gemaak en Hy het vir julle die lewe gegee.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
“Is dit die manier waarop julle nou vir die Here dankie sê ná alles wat Hy vir julle gedoen het? Julle is die domste klomp mense op aarde. Het julle dan g’n verstand nie? Is Hy nie die Vader wat jou gemaak het nie, Israel? Ja, Hy is jou Skepper. Jy is waar jy is omdat Hy jou tot hier gebring het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
Doen julle dit die Here aan? Jy is 'n dwase volk, sonder verstand. Is die Here nie jou Vader, jou Skepper, nie? Hy het jou gemaak, jou in die lewe gebring.
Afrikaanse Bybel 1983

6
Durf julle dit die HERE vergelde, o dwase en onwyse volk? Is Hy nie jou Vader wat jou geskape het nie; het Hy jou nie gemaak en jou toeberei nie?
Afrikaanse Bybel 1933/1953