A A A A A
Deuteronomium 32
51
Beide van julle was ontrou aan My voor die oë van die Israeliete by die water van Meriba, by Kades in die Sinwoestyn. Julle het nagelaat om my heiligheid onder die Israeliete te handhaaf.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

51
Dit sal gebeur omdat julle altwee ontrou was aan My by die water van Meriba-Kades in die Sin-woestyn. Die Israeliete het dit gesien. Julle het nie vir die Israeliete gewys dat julle My eer omdat Ek die heilige God is nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

51
Albei van julle het van My af weggedraai en voor die Israeliete verkeerd opgetree toe julle vir hulle water uit die rots gegee het by Meriba-Kades in die Sinwoestyn. Julle het My nie gerespekteer met wat julle daar aangevang het nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

51
Julle was voor die oë van die Israeliete aan My ontrou by die waters van Meriba-Kades in die Sinwoestyn, want julle het My nie daar voor hulle oë as die Heilige geëer nie.
Afrikaanse Bybel 1983

51
omdat julle onder die kinders van Israel ontrou teen My gehandel het by die twiswater van Kades, in die woestyn Sin, omdat julle My nie geheilig het onder die kinders van Israel nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953