A A A A A
Deuteronomium 32
43
“Juig, alle nasies, oor sy volk, want Hy wreek die bloed van sy dienaars. Hy neem wraak op sy vyande en doen boete vir sy land en vir sy volk.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

43
Die ander volke moet die volk van die Here prys, want die Here sal almal straf wat sy dienaars doodgemaak het, Hy sal sy vyande straf oor wat hulle gedoen het, Hy sal versoening doen vir sy land en sy volk.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

43
“Daarom moet almal wat in die hemel bly vrolik wees. Hulle moet feesvier en God aanbid. Al die mense wat die Here dien, moet ook vrolik wees. Want die Here maak dié mense dood wat sy kinders aangeval het en hulle skade berokken het. Hy maak al sy vyande dood. Hy maak sy land en sy mense skoon. Daar sal weer vrede wees tussen die Here en sy volk.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

43
“Al julle nasies, julle moet die volk van die Here roem, want Hy wreek die bloed van sy dienaars, Hy straf sy teenstanders, Hy bring vrede tussen Hom en sy land, tussen Hom en sy volk.”
Afrikaanse Bybel 1983

43
Jubel, o nasies, oor sy volk, want Hy sal die bloed van sy knegte wreek, en Hy sal wraak oefen op sy teëstanders en versoening doen vir sy land en sy volk.
Afrikaanse Bybel 1933/1953