A A A A A
Deuteronomium 32
39
Besef dit nou: Ek, ja, Ek, is die Here! Daar is geen ander god as Ek nie. Ek is die Een wat doodmaak en wat lewe gee; Ek is die een wat verwond en gesond maak. Niemand kan uit my krag gered word nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

39
Julle moet nou weet: Dit is Ek, net Ek. Daar is nie nog 'n God nie, net Ek is God. Ek maak dood en Ek laat lewe, Ek maak siek en Ek maak gesond. Niemand kan my volk wegvat van My nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

39
“Julle moet dit goed besef: Ek is die Here. Ek alleen is die Here. Daar bestaan geen ander God nie. Ek besluit wie moet bly lewe en Ek besluit wie doodgemaak moet word. Dis Ek wat jou siek maak en dis Ek wat jou gesond maak. Niks en niemand kan jou uit my hand red nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

39
Besef dit tog: Ek, Ek is die Here! Naas My is daar geen ander God nie. Ek maak dood en Ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond. Uit my mag word niemand bevry nie.
Afrikaanse Bybel 1983

39
Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953