A A A A A
Deuteronomium 32
36
“Want die Here sal sy volk oordeel en Hy sal van gedagte verander oor sy dienaars wanneer Hy sien dat hulle krag weg is en dat daar niemand oor is nie, nie slaaf of vryman nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

36
Ja, die Here sal reg doen aan sy volk, Hy sal genadig wees vir sy dienaars wanneer Hy sien dat hulle swak is en dat min van hulle nog lewe.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

36
“Die Here sal sy volk bymekaarmaak om voor Hom te kom staan. Dan sal Hy as die groot Regter elkeen se hofsaak hanteer. Hy sal die mense wat reg voor Hom geleef het, onskuldig verklaar. Hy sal hierdie mense wat getrou aan Hom gebly het, beskerm.
Afrikaanse Bybel DB 2006

36
“Die Here behartig die saak van sy volk, die Here ontferm Hom oor sy dienaars, want Hy sien hulle krag het ingegee, dit is klaar met hulle almal.
Afrikaanse Bybel 1983

36
Want die HERE sal aan sy volk reg verskaf, en Hy sal medelyde hê met sy knegte as Hy sien dat hulle vashouplek weg is en dit met almal sonder uitsondering gedaan is.
Afrikaanse Bybel 1933/1953