A A A A A
Deuteronomium 32
32
Hulle wingerdstok stam uit die wingerdstok van Sodom en Gomorra. Hulle druiwe is giftig en hulle trosse is bitter.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

32
Hulle is soos 'n wingerdstok wat in Sodom en Gomorra gegroei het, 'n wingerdstok wat giftige druiwe dra.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

32
Hierdie nasies is afstammelinge van die mense van Sodom en Gomorra, daardie spul wat die allervreeslikste dinge gedoen het. Daarom het God hulle gestraf. Hulle is soos giftige druiwe wat bitter in jou mond smaak en jou doodmaak.
Afrikaanse Bybel DB 2006

32
want hulle stam uit Sodom se wingerd, uit Gomorra se droë gelyktes. Hulle druiwe is giftig, elke tros is bitter.
Afrikaanse Bybel 1983

32
Want hulle wingerdstok is uit die wingerdstok van Sodom en uit die wingerde van Gomorra; hulle druiwe is giftige druiwe, bitter trosse dra hulle.
Afrikaanse Bybel 1933/1953