A A A A A
Deuteronomium 32
30
Hoe kan een mens duisend van hulle jaag, en hoe kan twee mense tienduisend laat vlug, as hulle Rots hulle nie verkoop het, en die Here hulle nie oorgelewer het nie?
Afrikaanse Bybel NLV 2011

30
Een man van die vyand het 1 000 Israeliete gevolg en gejaag, twee manne van die vyand het 10 000 Israeliete laat vlug. Maar dit het gebeur omdat die Rots van die Israeliete hulle verkoop het, omdat die Here hulle gelos het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

30
“Kan dit gebeur dat een mens 1 000 op loop jaag? Kan twee mense 10 000 laat vlug? Ja, dit gebeur nou met jou, Israel. En weet jy hoekom? Want die Een wat julle wou beskerm, het julle aan julle vyande uitgelewer. Hy het moed opgegee met julle. Daarom het Hy julle aan julle vyande oorgegee.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

30
Hoe kan een mens duisend agtervolg of twee tienduisende op die vlug jaag? Gebeur dit nie omdat die Rots van Israel hulle verkoop het nie, omdat die Here hulle uitgelewer het nie?
Afrikaanse Bybel 1983

30
Hoe kan een dan duisend agtervolg en twee tien duisend op die vlug jaag, was dit nie dat hul steenrots hulle verkoop en die HERE hulle oorgelewer het nie!
Afrikaanse Bybel 1933/1953