20 |
Hy het gesê: ‘Ek sal hulle verlaat. Ek sien wat dan gebeur, hoe hulle tot ’n einde kom! Hulle is ’n verdraaide geslag, kinders sonder integriteit. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
20 |
Hy het gesê: ‘Ek wil hulle nie meer sien nie, en Ek wil kyk hoe dit nou met hulle sal gaan. Hulle is slegte mense, hulle is heeltemal ontrou. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
20 |
“Toe het Hy gesê: Nou maar goed. Ek sal hulle weggooi. Ek sal hulle vernietig. Hulle soek mos daarvoor, want hulle is ’n klomp slegte mense. Hulle hou nie hulle woord nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
20 |
het Hy gesê: Ek sal nie meer vir hulle sorg nie, Ek wil kyk wat hulle uiteinde is, want hulle is 'n onbestendige volk, mense sonder trou. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
20 |
En Hy het gesê: Ek wil my aangesig vir hulle verberg, Ek wil sien wat hulle einde sal wees; want 'n heeltemal verkeerde geslag is hulle, kinders in wie geen trou is nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|