A A A A A
Deuteronomium 32
13
Hy laat hulle ry op die hooglande, Hy voed hulle met die opbrengs van die land. Hy het uit die klowe heuning aan hulle voorsien, olyfolie uit klipharde rots.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
Hy het hierdie land vir sy volk gegee om dit te vat. Hulle kon die koring eet wat op die lande groei, hulle kon heuning uithaal uit die byneste in die rotse, hulle kon die olyf-olie kry van die olyfbome tussen die klippe.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
“Dis die Here wat vir sy volk hierdie mooi land gegee het. Hy het dit vir hulle as ’n geskenk gegee. Hierdie land het genoeg dat sy inwoners kon eet tot hulle versadig is. Daar was heuning wat jy oral in die veld kon kry. Daar was olie wat uit die harde klip gemyn kon word.
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
Die Here het sy volk die land in besit laat neem, en hom laat eet van die opbrengs van die lande, hom heuning uit klipskeure laat geniet, olie uit harde klip,
Afrikaanse Bybel 1983

13
Hy het hom laat ry op die hoogtes van die aarde, en hy het die opbrings van die veld geëet; en Hy het hom heuning uit die rots laat suig en olie uit die klipharde rots;
Afrikaanse Bybel 1933/1953