A A A A A
Deuteronomium 32
10
“Hy het hulle gevind in ’n woestyn, ’n leë land vol onaardse geluide. Hy het hulle omarm en hulle opgepas. Hy het hulle beskerm as sy kosbaarste besitting.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

10
Die Here het sy volk in die woestyn gekry, in 'n wilde wêreld waar niemand woon nie. Hy beskerm sy volk en Hy sorg vir hulle, Hy pas hulle op soos 'n mens sy oog oppas.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

10
“Die Here het Israel in ’n woestyn gaan haal. Daar was niks in die woestyn om van te leef nie. Daar het Hy hierdie volk gered. Hy het hulle met sy liefde toegemaak en hulle beskerm. Hy het oor Israel wag gehou asof Israel sy kosbaarste skat en besitting is. Hy het hulle opgepas en gelei op die beste pad.
Afrikaanse Bybel DB 2006

10
Hy het sy volk in die woestyn gevind, in 'n onbewoonbare land waar woestyndiere skreeu. Die Here het sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog.
Afrikaanse Bybel 1983

10
Hy het hom gevind in 'n woestynland en in 'n woeste wêreld, vol gehuil van die wildernis; Hy het hom omring, op hom ag gegee, hom bewaak soos sy oogappel.
Afrikaanse Bybel 1933/1953