A A A A A
Deuteronomium 15
1
“Aan die einde van elke sewende jaar moet jy skuld afskryf.
2
Dit is hoe dit gedoen moet word: Krediteure moet lenings aan mede-Israeliete afskryf. Hulle mag nie betaling van hulle bure of familie eis nie, want die Here se tyd van kwytskelding het aangebreek.
3
Hierdie kwytskelding van skuld geld slegs vir julle mede-Israeliete en nie vir die vreemdelinge wat onder julle woon nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Moses het gesê: “Julle moet elke sewende jaar sê dat mense die geld mag hou wat hulle vir julle skuld, hulle moenie die geld terugbetaal nie.
2
Dit beteken: Almal wat vir mense geld geleen het, mag nie vra dat mense dit moet terugbetaal nie. Hulle mag nie sê 'n ander Israeliet moet sy skuld betaal nie, want dit is die Here wat besluit het dat dit elke sewende jaar so moet gebeur.
3
Julle mag vir mense wat nie Israeliete is nie, sê hulle móét betaal, maar vir ander Israeliete moet julle sê hulle mag die geld hou, hulle moenie die geld terugbetaal wat hulle vir julle skuld nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
“Aan die einde van elke sewe jaar moet jy almal se skuld afskryf.
2
Dit beteken dat almal wat geld vir ’n mede-Israeliet geleen het, dit in die sewende jaar moet afskryf. Hy moet geensins probeer om dit terug te kry nie, want die Here het gesê dit moet so gebeur.
3
Jy mag wel die geld wat iemand van ’n ander volk jou skuld, probeer terugkry, maar nie wat jou broer jou skuld nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
“Aan die einde van elke sewende jaar moet jy skuld afskryf.
2
Dit moet so gedoen word: elkeen aan wie 'n mede-Israeliet iets skuld, moet dit vir hom afskryf. 'n Skuldeiser mag nie sy mede-Israeliet, sy broer, dwing om hom te betaal nie, want dit is die jaar waarin die Here afskrywing van skuld beveel.
3
Jy mag wel 'n nie-Israeliet dwing om sy skuld te betaal, maar as 'n mede-Israeliet jou iets skuld, moet jy dit vir hom afskryf.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Aan die einde van sewe jaar moet jy 'n kwytskelding laat plaasvind.
2
En dit is die saak van die kwytskelding: elke skuldeiser moet kwytskeld wat hy aan sy naaste geleen het; hy moet sy naaste en sy broer nie aanmaan nie, want tot eer van die HERE is daar 'n kwytskelding uitgeroep.
3
Die uitlander mag jy aanmaan; maar wat jy by jou broer het, moet jou hand kwytskeld.
Afrikaanse Bybel 1933/1953