A A A A A
Deuteronomium 15
4
Daar behoort niemand by jou te wees wat arm is nie, want die Here sal jou voorspoedig maak in die land wat Hy aan jou as ’n besondere erfdeel gee.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Die Here sal julle seën in die land wat julle God die Here vir julle sal gee, julle eie land wat julle vir julleself moet vat. Daarom sal daar nie arm mense by julle wees nie, dit is seker.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
“Daar sal geen arm mense meer onder julle wees nie, want die Here sal jou voorspoedig maak in die land wat Hy jou beloof het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
[4-5] As jy maar net luister na die Here jou God en gehoorsaam is aan al hierdie gebooie wat ek jou vandag gee en daarvolgens lewe, sal daar nie 'n arme onder jou wees nie, want die Here sal jou baie voorspoedig maak in die land wat Hy jou gee om as jou eie te besit.
Afrikaanse Bybel 1983

4
Maar daar moet geen arme by jou wees nie, want die HERE sal jou ryklik seën in die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem;
Afrikaanse Bybel 1933/1953