A A A A A
Deuteronomium 15
11
Daar sal altyd arm mense in die land wees. Daarom beveel ek jou om jou hand oop te maak vir jou mede-Israeliet wat arm en behoeftig is.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

11
Daar sal altyd arm mense in die land wees. Daarom sê ek vir julle dat julle graag moet gee vir die mense wat hulleself nie kan help nie, vir die arm mense in die land.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

11
Armes sal daar altyd wees; daarom moet jy sensitief vir jou broer se swaarkry wees.
Afrikaanse Bybel DB 2006

11
Daar sal altyd armes in jou land wees, en daarom het ek jou beveel om vrygewig te wees teenoor jou mede-Israeliet wat in nood is en arm is.”
Afrikaanse Bybel 1983

11
Want die arme sal in die land nie ontbreek nie; daarom gee ek jou bevel en sê: Jy moet jou hand wyd oopmaak vir jou broer, vir die ellendige en die arme in jou land.
Afrikaanse Bybel 1933/1953