A A A A A
Deuteronomium 15
10
Gee gewillig sonder om gebelgd daaroor te voel en die Here jou God sal jou seën in alles wat jy doen.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

10
Julle moet graag gee en julle moenie ontevrede wees wanneer julle gee nie, want as jy graag gee, dan sal jou God die Here dit goed laat gaan met jou, met alles wat jy doen.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

10
Jy moet jou broer help sonder om te kla. Die Here sal jou dan in alles voorspoedig maak.
Afrikaanse Bybel DB 2006

10
Gee vryelik aan jou broer wat arm is, en moenie sleg voel omdat jy vir hom gegee het nie, want juis omdat jy vir hom gee, sal die Here jou God jou voorspoedig maak in alles wat jy doen en aanpak.
Afrikaanse Bybel 1983

10
Jy moet aan hom gewillig gee, en jou hart moet nie bedroef wees as jy aan hom gee nie; want ter wille hiervan sal die HERE jou God jou seën in al jou werk en in alles waar jy jou hand aan slaan.
Afrikaanse Bybel 1933/1953