A A A A A
Deuteronomium 12
21
Dit kan wees dat die plek wat die Here julle God kies om sy Naam te laat eer, ver weg van julle huis is. As dit so is, mag julle enige van die beeste of skape wat die Here vir julle gegee het, slag. Jy mag die vleis by jou huis eet soos jy beveel is.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

21
Miskien is die plek ver van julle, die plek wat julle God die Here gekies het waar julle Hom moet aanbid. Dan mag julle van julle beeste of skape of bokke slag, maar julle moet dit doen soos ek vir julle gesê het. En dan mag julle daar by julle woonplekke die vleis eet wanneer julle wil.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

21
En as die plek wat die Here gaan kies vir julle te ver is, kan julle maar van die skape en beeste slag wat die Here vir julle gegee het en by die huis eet.
Afrikaanse Bybel DB 2006

21
Wanneer die plek wat die Here julle God sal kies om sy Naam daar te vestig, ver van julle af is, kan julle van die grootvee of die kleinvee wat die Here vir julle gegee het, slag soos ek julle beveel het en julle kan dit na hartelus geniet in die plek waar julle woon,
Afrikaanse Bybel 1983

21
As die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, ver van jou af is, dan mag jy van jou beeste en jou kleinvee slag wat die HERE jou gee, soos ek jou beveel het; en jy mag na hartelus in jou poorte eet.
Afrikaanse Bybel 1933/1953