A A A A A
Deuteronomium 12
20
“Wanneer die Here julle God julle grondgebied vergroot soos Hy beloof het, mag julle vleis eet waar en wanneer julle wil.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

20
“Julle God die Here het belowe dat Hy julle land groter sal maak. Wanneer Hy dit doen, en julle wil vleis eet omdat julle honger is, dan mag julle enige tyd vleis eet.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

20
“Wanneer die Here julle woongebied uitbrei soos Hy belowe het, en julle lus kry vir vleis, mag julle eet wanneer en waar julle ook al wil.
Afrikaanse Bybel DB 2006

20
“Wanneer die Here julle God julle grondgebied uitbrei, soos Hy julle beloof het, en julle besluit om vleis te eet omdat julle lus is daarvoor, mag julle dit in enige plek eet waar julle woon.
Afrikaanse Bybel 1983

20
As die HERE jou God jou grondgebied uitbrei, soos Hy jou beloof het, en jy sê: Ek wil vleis eet -- omdat jy lus het om vleis te eet -- dan mag jy na hartelus vleis eet.
Afrikaanse Bybel 1933/1953