A A A A A
Deuteronomium 12
17
“Maar julle offers mag nie by julle huise geëet word nie — nie die tiendes van julle graan of wyn of olyfolie nie, ook nie die eersgeborenes van julle bees- of skaaptroppe nie, ook nie ’n gelofte-offer of ’n vrywillige offer of enige spesiale gawe nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

17
Julle mag ook nie by julle woonplekke die tiendes eet van julle koring, wyn en olyf-olie nie, ook nie die eerste kalwers en lammers, of die offers wat julle vir die Here belowe het, of die offers wat julle self wil bring, of die presente wat julle gee nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

17
Julle mag egter nie die tiendes van julle koring, mos, olie en die eersgeborenes van julle vee in julle blyplekke eet nie. Ook nie die vrywillige offers wat julle die Here belowe het of enige ander offer nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

17
“In die plekke waar julle woon, mag julle ook nie die tiende van julle koring of wyn of olie eet nie, ook nie die eerstelinge van julle grootvee of kleinvee nie, en ook nie iets wat julle aan die Here beloof het of enige vrywillige offer of ander bydrae aan die Here nie.
Afrikaanse Bybel 1983

17
Jy mag in jou poorte nie eet die tiendes van jou koring en jou mos en jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en jou kleinvee en al jou gelofte-offers wat jy sal belowe, en jou vrywillige offers en die offergawe van jou hand nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953