A A A A A
Deuteronomium 12
15
“Maar julle mag diere vir hulle vleis slag in enige dorp waar ook al, net soos wat julle nou maak met ribbokke en takbokke. Julle mag soveel diere eet soos wat die Here julle God vir julle gee. Almal van julle, rein of onrein, mag die vleis eet.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

15
“Maar wanneer julle honger is, dan mag julle van die diere slag wat die Here vir julle gegee het toe Hy julle geseën het oral waar julle woon. Mense wat rein is én mense wat onrein is, mag van die vleis eet soos hulle die vleis eet van 'n gasel of 'n takbok.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

15
Julle mag natuurlik oral diere slag en eet. Eet na hartelus soveel as wat die Here julle gegee het. Almal kan van die vleis eet soos ’n mens ’n takbok of ’n ribbok eet.
Afrikaanse Bybel DB 2006

15
Vir kos mag julle egter op enige plek waar julle woon 'n dier slag en die vleis eet wat die Here julle God vir julle gee deurdat Hy julle voorspoedig maak. Of 'n persoon rein of onrein is, hy mag daarvan eet, ook van 'n ribbok of 'n takbok.
Afrikaanse Bybel 1983

15
Maar na hartelus mag jy slag en vleis eet ooreenkomstig die seën van die HERE jou God wat Hy jou in al jou poorte gee; die onreine en die reine mag daarvan eet, soos van die gemsbok en die takbok.
Afrikaanse Bybel 1933/1953