A A A A A
Deuteronomium 11
9
As julle gehoorsaam is, sal julle ’n lang lewe geniet in die land wat die Here vir julle voorouers en hulle nageslag gesweer het dat Hy dit aan hulle sal gee. Dit is ’n uiters vrugbare land.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
En dan sal julle lank lewe in die land wat die Here vir julle voorvaders belowe het, Hy het belowe om dit vir hulle en hulle nageslag te gee. Dit is 'n land waar baie melk en heuning is.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Wees getrou sodat julle lank in daardie vrugbare land kan bly wat die Here al aan julle voorvaders beloof het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
As julle gehoorsaam is, sal julle baie lank bly woon in die land wat die Here met 'n eed beloof het om aan julle voorvaders en hulle nageslag te gee. Dit is 'n land wat oorloop van melk en heuning.
Afrikaanse Bybel 1983

9
en dat julle die dae kan verleng in die land wat die HERE aan julle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle en hul nageslag te gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning.
Afrikaanse Bybel 1933/1953