A A A A A
Deuteronomium 11
8
“Daarom, gehoorsaam elke gebod wat ek julle vandag gee sodat julle sterk kan wees om in te gaan en die land in besit te neem wat julle nou binnegaan.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

8
Nou moet julle alles doen wat die wette sê wat ek vandag vir julle gee. As julle dit doen, dan sal julle sterk wees en julle sal die land gaan vat waarnatoe julle gaan.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

8
“Israel, leef volgens die wil van die Here sodat julle innerlik sterk kan word en die nuwe land kan binnetrek.
Afrikaanse Bybel DB 2006

8
“Julle moet alles gehoorsaam wat ek julle vandag beveel, sodat julle sterk kan optree en die land wat julle gaan verower, kan binnegaan en in besit neem.
Afrikaanse Bybel 1983

8
Onderhou dan al die gebooie wat ek jou vandag beveel, dat julle sterk kan wees en inkom en die land in besit neem waarheen julle oortrek om dit in besit te neem,
Afrikaanse Bybel 1933/1953