A A A A A
Deuteronomium 11
6
Hulle was nie daar om te sien wat Hy aan Datan en Abiram, die seuns van Eliab, ’n afstammeling van Ruben, gedoen het nie. Die aarde het oopgegaan en hulle en hulle familie ingesluk met hulle tente en elke lewende ding wat hulle besit het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Julle het gesien wat Hy gedoen het met Datan en Abiram, die seuns van Eliab van die nageslag van Ruben. Julle het gesien hoe die aarde oopgeskeur en hulle ingesluk het saam met hulle huisgesinne en hulle tente en almal wat saam met hulle opstandig was. Al die ander Israeliete het dit gesien.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Julle onthou ook nog wat Hy met die seuns van Eliab, Datan en Abiram, van die Rubenstam gedoen het: hoe die aarde voor die hele Israel oopgeskeur het en hoe Datan en Abiram, saam met hulle vroue en kinders, hulle werkers en besittings daarin geval het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
wat Hy gedoen het met Datan en Abiram, seuns van Eliab seun van Ruben, toe die aarde oopgeskeur het en hulle en hulle familie en hulle eiendom, selfs al hulle vee ingesluk het voor die oë van al die Israeliete.
Afrikaanse Bybel 1983

6
en wat Hy aan Datan en Ab¡ram, die seuns van El¡ab, die seun van Ruben, gedoen het -- hoe die aarde sy mond oopgemaak en hulle saam met hul huisgesinne en hul tente en al die lewende wesens agter hulle aan, onder die hele Israel verslind het;
Afrikaanse Bybel 1933/1953