A A A A A
Deuteronomium 11
28
Julle sal ’n vloek ontvang as julle die gebooie van die Here julle God verwerp en wegdraai van sy pad deur vreemde gode te aanbid.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

28
en Hy sal julle vervloek as julle nie gehoorsaam is aan sy wette nie, as julle ophou om te lewe soos ek vandag vir julle sê en as julle ander gode gaan dien, gode wat julle voorheen nie geken het nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

28
Indien julle ongehoorsaam is en die rug vir die Here draai en ander vreemde gode aanbid, sal ’n vloek op julle rus.
Afrikaanse Bybel DB 2006

28
die straf sal kom as julle ongehoorsaam is aan die gebooie van die Here julle God en die pad verlaat wat ek julle vandag aangewys het en ander gode aanhang waarvan julle nou nog nie eers weet nie.
Afrikaanse Bybel 1983

28
en die vloek as julle nie luister na die gebooie van die HERE julle God nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953