24 |
Op elke plek waar julle julle voete neersit, sal dit julle s’n word. Julle grense sal strek van die woestyn in die suide tot by die Libanon in die noorde, van die Eufraatrivier in die ooste tot by die Middellandse See in die weste. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
24 |
Elke plek waar julle sal kom, sal julle plek word, van die woestyn tot by die Libanon-berg, van die Eufraat-rivier tot by die see in die weste. Dit sal julle land word. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
24 |
Elke plek waar julle in die land rondstap, sal julle s’n word. Die hele gebied van die woestyn af tot by die Libanonberg in die noorde en van die Eufraatrivier in die ooste tot by die Middellandse See in die weste. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
24 |
Elke plek waar julle kom, sal julle s'n wees: van die woestyn in die suide af tot by Libanonberg in die noorde, van die rivier, die Eufraatrivier, in die ooste af tot by die see in die weste. Dit sal julle grense wees. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
24 |
Elke plek waar julle voetsool op trap, sal aan julle behoort; van die woestyn en die L¡banon, van die rivier, die Eufraatrivier, tot by die Westelike See sal julle grondgebied wees. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|