22 |
“Gehoorsaam noukeurig al hierdie gebooie wat ek vir julle gee deur die Here julle God lief te hê, volgens sy wil te lewe en Hom aan te hang. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
22 |
Ja, julle moet doen wat al hierdie gebooie sê, die gebooie wat Ek vir julle gegee het. Julle moet lief wees vir julle God die Here, julle moet alles doen wat Hy vir julle sê en julle moet aanhou om Hom te dien. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
22 |
“Leef getrou volgens al die voorskrifte wat ek julle vandag gee. As julle die Here liefhet en sy wil streng uitleef, |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
22 |
“As julle al hierdie gebooie wat ek julle vandag gee, stiptelik gehoorsaam deur daarvolgens te lewe en die Here julle God lief te hê, sy wil te doen en Hom aan te hang, |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
22 |
Want as julle ywerig al hierdie gebooie hou wat ek julle beveel, om dit te doen deur die HERE julle God lief te hê, in al sy weë te wandel en Hom aan te hang, |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|