A A A A A
Deuteronomium 11
2
“Luister! Ek praat nie nou met julle kinders wat nog die Here julle God leer ken het of sy grootheid en ontsaglike krag ervaar het nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

2
Julle moet vandag onthou: Julle God die Here het nie vir julle kinders geleer hoe hulle moet lewe nie. Nee, Hy het vir júlle geleer. Dit is júlle wat gesien het hoe groot Hy is. Julle het sy groot krag gesien
Afrikaanse Bybel ABA 2007

2
Onthou al die wonderlike dinge wat die Here julle geleer en vir julle gedoen het. Julle het immers alles self gesien, want dit het met julle gebeur en nie met julle kinders nie. Julle het self sy grootsheid, sy mag en sy krag beleef.
Afrikaanse Bybel DB 2006

2
Vandag weet julle hoe die Here julle onderrig het, want julle, en nie julle kinders nie, het dit beleef en gesien: sy grootheid, sy magtige dade, sy wonderdade,
Afrikaanse Bybel 1983

2
En julle moet vandag weet dat ek nie spreek tot julle kinders wat die onderwysing van die HERE julle God nie geweet en nie gesien het nie: sy grootheid, sy sterke hand en sy uitgestrekte arm
Afrikaanse Bybel 1933/1953