A A A A A
Deuteronomium 11
18
Verbind julleself heelhartig aan hierdie woorde van die Here. Bind die woorde aan julle hande as ’n herinneringsteken en dra dit as ’n teken op julle voorkoppe.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

18
Julle moet die dinge onthou wat ek vandag vir julle sê. Julle moet dink aan hierdie dinge wanneer julle werk met julle hande en wanneer julle na iets kyk
Afrikaanse Bybel ABA 2007

18
“Al die woorde wat ek julle vandag leer, moet julle in julle hart bêre en altyd daaraan dink. Maak dit aan julle arms vas en bind dit styf om julle voorkop.
Afrikaanse Bybel DB 2006

18
Hierdie woorde van die Here moet julle lewe vul. Julle moet dit as herinneringsteken vasbind aan julle hande en dit moet 'n merk op julle voorkoppe wees.
Afrikaanse Bybel 1983

18
Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as 'n teken op julle hand en laat dit as 'n voorhoofsband tussen julle oë wees,
Afrikaanse Bybel 1933/1953