A A A A A
Efesiërs 3
1
Hier volg nou die rede waarom ek, Paulus, die gevangene in diens van Christus, vir julle, die nie-Jode, bid.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Ek, Paulus, is nou in die tronk omdat ek aan Christus behoort. Ek is in die tronk omdat ek vir julle van Hom vertel het, julle wat heidene is.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Juis daarom sit ek, Paulus, hier vir Christus in die tronk. Ek is in die tronk gegooi omdat ek vir julle wat nie Jode is nie van Christus vertel het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Daarom bid ek vir julle wat nie Jode is nie, ek, Paulus, 'n gevangene deur my diens aan Christus Jesus.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Om hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is --
Afrikaanse Bybel 1933/1953