A A A A A

Handelinge 24

5
Ons het bevind dat hierdie man ’n absoluut verderflike invloed is. Hy maak dat al die Jode oor die hele wêreld in opstand kom. Hy is ’n leier van die Nasarener-splintergroep.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

5
Ons het uitgevind dat hierdie man oral baie probleme maak. Hy maak Jode oral in die wêreld opstandig teen die regering en hy is 'n leier van die groep mense wat verkeerde dinge glo, hulle glo in Jesus van Nasaret.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

5
“Hierdie man wat voor u staan, is ’n baie groot gevaar vir ons almal. Hy versteur die rus en vrede onder die Jode oor die hele wêreld. Hy is een van die voorbokke in daardie sekte van die Nasareners.
Afrikaanse Bybel DB 2006

5
“Ons beskou hierdie man as 'n gevaar vir die samelewing. Hy bring skeuring in die Joodse geledere dwarsdeur die wêreld. Hy is 'n leier van die dwaalrigting van die Nasareners.
Afrikaanse Bybel 1983

5
Want ons het gevind dat hierdie man 'n pes is en 'n verwekker van oproer onder al die Jode in die wêreld en 'n voorman van die sekte van die Nasar,ners,
Afrikaanse Bybel 1933/1953