3 |
Dit verwelkom ons altyd en oral met alle dankbaarheid. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
3 |
Dit is vir ons altyd lekker om die goeie dinge te sien wat jy oral vir ons volk doen. Ons is baie dankbaar daaroor. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
3 |
“dis net aan u goeie regering te danke dat ons nou soveel vrede beleef. U hervormings het groot voorspoed vir ons volk gebring. Oral praat ons mense daaroor met groot dankbaarheid teenoor u. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
3 |
Dit erken ons altyd en oral met diep dankbaarheid. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
3 |
Dat 'n groot vrede deur u, hoogedele Felix, ons te beurt val, en dat daar hervorminge deur u voorsorg in elke opsig en oral vir hierdie nasie tot stand kom, neem ons met alle dankbaarheid aan. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|