27 |
Twee jaar later het Feliks ’n opvolger gekry, Porsius Festus. Omdat Feliks die Jode ’n guns wou bewys, het hy by sy vertrek vir Paulus in die tronk gelos. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
27 |
Twee jaar het verbygegaan. Feliks se tyd om goewerneur te wees, het verbygegaan en Porcius Festus het die nuwe goewerneur geword. Feliks wou graag 'n goeie ding vir die Jode doen en daarom het hy gesê Paulus moet in die tronk bly. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
27 |
Feliks is toe deur Porcius Festus as die nuwe Romeinse goewerneur opgevolg. As ’n laaste guns aan die Jode het Feliks egter vir Paulus in gevangenskap in Sesarea agtergelaat. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
27 |
Twee jaar later is Feliks deur Porcius Festus opgevolg. En omdat Feliks die Jode 'n guns wou bewys, het hy Paulus as gevangene agtergelaat. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
27 |
Maar twee jaar het verbygegaan, en toe kry Felix vir Porcius Festus as opvolger; en omdat Felix aan die Jode 'n guns wou bewys, het hy Paulus as gevangene agtergelaat. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|