A A A A A

Handelinge 24

25
Paulus het met hom gepraat oor wat dit beteken om reg voor God te lewe, oor selfbeheersing en oor die komende oordeel. Feliks het bang geword, en sy reaksie was: “Vir eers kan jy maar gaan, en as ek tyd het, sal ek jou weer laat roep.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

25
Paulus het gesê dat mense reg moet doen en ook dat niemand mag doen wat hy wil doen nie. Hy het ook gesê dat die tyd sal kom wanneer God al die mense sal oordeel. Daarom het Feliks baie bang geword. Hy het vir Paulus gesê: “Jy moet nou eers teruggaan tronk toe. Wanneer ek tyd het, dan sal ek jou weer laat roep.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

25
Paulus het die geleentheid gebruik om met hulle te praat oor die volgende belangrike sake: hoe om jou saak met God reg te maak; hoe om sondige begeertes onder beheer te kry, en wat alles gaan gebeur op die laaste dag wanneer God terugkom om te oordeel. Sy woorde het Feliks en Drusilla baie benoud gemaak. Daarom het Feliks hom gou na sy sel toe teruggestuur met die woorde: “Dit is vir eers genoeg. Later, as ek tyd het, sal ek jou weer laat haal. Dan kan ons verder gesels.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

25
Paulus het met hom gepraat oor 'n lewe in gehoorsaamheid aan God, oor selfbeheersing en oor die komende oordeel. Dit het Feliks laat bang word, en hy het gesê: “Dit is nou genoeg! Gaan maar terug, en as ek tyd het, sal ek jou weer laat roep.”
Afrikaanse Bybel 1983

25
Maar toe hy spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: Gaan vir hierdie keer heen, en as ek 'n geleentheid vind, sal ek jou laat roep.
Afrikaanse Bybel 1933/1953