A A A A A

Handelinge 24

24
Na ’n paar dae het Feliks, met sy Joodse vrou, Drusilla, gekom en vir Paulus laat haal en na hom geluister oor die geloof in Christus Jesus.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

24
'n Paar dae later het Feliks na die tronk gegaan. Feliks se vrou Drusilla het saam met hom gegaan, sy was 'n Joodse vrou. Feliks het vir die soldate gesê hulle moet vir Paulus gaan haal. Toe het Feliks geluister na wat Paulus sê oor geloof in Christus Jesus.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

24
’n Paar dae later het Feliks en sy Joodse vrou, Drusilla, vir Paulus laat haal. Hulle wou hoor wat hy alles oor sy geloof in Jesus Christus te sê gehad het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

24
Na 'n paar dae het Feliks en sy Joodse vrou, Drusilla, vir Paulus laat haal om meer van hom te hoor oor die geloof in Christus Jesus.
Afrikaanse Bybel 1983

24
En 'n paar dae daarna het Felix gekom saam met Drus¡lla, sy vrou, wat 'n Jodin was, en het Paulus laat haal en hom aangehoor oor die geloof in Christus.
Afrikaanse Bybel 1933/1953