A A A A A

Handelinge 24

2
Paulus is ingeroep en Tertullus het die aanklag begin voorhou: “Hooggeagte Feliks, deur u toedoen lewe ons nou al lank in vrede, en deur u beleid het daar vir ons volk goeie transformasie plaasgevind.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

2
Die goewerneur het vir Paulus laat roep. Toe het Tertullus met die goewerneur gepraat en hy het vir Paulus begin beskuldig. Tertullus het gesê: “Geagte goewerneur Feliks, jy het baie vrede vir ons mense gebring. En jy het gedink wat in die toekoms sal gebeur, en toe het jy baie goeie planne gemaak, planne wat ons volk help.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

2
Hulle het Paulus by die goewerneur kom aankla. Paulus is voor die regbank van Feliks gebring. Tertullus het dadelik begin om die Joodse owerhede se saak teen Paulus te stel: “Hooggeagte Feliks,” het hy gesê,
Afrikaanse Bybel DB 2006

2
Paulus is ingeroep, en Tertullus het met die aanklag voor Feliks begin: “U Edele, onder u lewe ons in rus en vrede, en deur u beleid het daar verbeteringe vir hierdie volk ingetree.
Afrikaanse Bybel 1983

2
En toe hy opgeroep is, begin Tertullus hom beskuldig en sê:
Afrikaanse Bybel 1933/1953