A A A A A

Handelinge 24

17
“Na baie jare het ek teruggekom om my volk met ’n finansiële bydrae te help en om aan God te offer.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

17
“Ek het ná baie jare teruggekom en ek het geld gebring vir die arm mense van my volk. Ek het ook gekom om offers te bring.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

17
“Ek was ’n hele paar jaar in die buiteland, ver van my mense af. In hierdie tyd het ek ’n groot geldelike bydrae vir hulle ingesamel.
Afrikaanse Bybel DB 2006

17
“Na baie jare het ek teruggekom om my mense met 'n geldelike bydrae te help en om aan God te offer.
Afrikaanse Bybel 1983

17
Maar nbaie jare het ek gekom om aan my volk aalmoese te bring en offers.
Afrikaanse Bybel 1933/1953