10 |
Op ’n teken van die goewerneur aan Paulus dat hy moet praat, het hy hom begin verweer: “Ek weet dat u al jare lange ervaring het van regspreek oor Joodse sake. Daarom stel ek my verweer met hoë verwagting. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
10 |
Die goewerneur het vir Paulus gewys dat hy mag praat. Paulus het vir hom gesê: “Ek weet jy is baie jare lank regter oor hierdie volk. Daarom wil ek graag vir jou sê dat ek onskuldig is. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
10 |
Die goewerneur het met sy hand vir Paulus beduie dat dit nou sy beurt was om te praat. Paulus het toe gesê: “Ek weet dat u reeds baie jare oor ons regeer. Daarom is ek baie bly dat ek my saak voor u kan stel. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
10 |
Op 'n teken van die goewerneur het Paulus begin praat: “Ek weet dat u al jare lank hierdie mense se regter is. Daarom verdedig ek my saak voor u met vertroue. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
10 |
En nadat die goewerneur vir hom gewink het om te praat, het Paulus geantwoord: Omdat ek weet dat u oor hierdie volk al baie jare lank regter is, verdedig ek my saak met goeie moed, |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|