A A A A A

Handelinge 24

1
Vyf dae later het die hoofpriester Ananias saam met ’n paar van die familiehoofde en ’n advokaat, Tertullus, daar aangekom. Hulle het hulle aanklag teen Paulus aan die goewerneur voorgelê.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Vyf dae het verbygegaan. Toe het die hoëpriester Ananias na goewerneur Feliks toe gekom. Daar het ook 'n paar ouderlinge en 'n advokaat saam met Ananias gekom. Die advokaat se naam was Tertullus. Hulle het vir die goewerneur kom sê wat Paulus verkeerd gedoen het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Vyf dae later het die hoëpriester Ananias saam met ’n paar Joodse godsdienstige leiers en ’n advokaat met die naam Tertullus in Sesarea aangekom.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Vyf dae later het die hoëpriester Ananias saam met 'n paar van die familiehoofde en 'n advokaat, Tertullus, daar aangekom. Hulle het voor die goewerneur verskyn om hulle aanklag teen Paulus in te dien.
Afrikaanse Bybel 1983

1
En vyf dae daarna het die hoëpriester Anan¡as met die ouderlinge en 'n sekere advokaat Tertullus afgekom en Paulus by die goewerneur aangeklaag.
Afrikaanse Bybel 1933/1953