A A A A A

Markus 15

7
Een van die destydse gevangenes was Barabbas. Hy was saam met ander veroordeel weens ’n moord wat hulle tydens ’n opstand gepleeg het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

7
Een van die mense in die tronk was Barabbas. Hy was daar saam met ander mense. Hulle het mense opstandig gemaak teen die regering en hulle het 'n man vermoor.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

7
Een van hulle was ’n man met die naam Barabbas.
Afrikaanse Bybel DB 2006

7
Daar was 'n man met die naam Barabbas in die tronk saam met ander opstandelinge. Hulle het tydens die opstand moord gepleeg.
Afrikaanse Bybel 1983

7
En daar was 'n sekere Bar bbas wat met mede-oproermakers in die gevangenis was; en hulle het in die opstand 'n moord begaan.
Afrikaanse Bybel 1933/1953