A A A A A

Markus 15

46
Josef het ’n lang strook linne gekoop, Jesus van die kruis gaan afhaal, Hom in die linne toegedraai en in ’n graf neergelê wat in die rots uitgekap was. Toe het hy ’n klip voor die ingang van die graf gerol.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

46
Josef het 'n stuk lap gekoop. Hy het Jesus se liggaam van die kruis afgehaal en Hom in die lap toegedraai. Hy het die liggaam in 'n graf gesit wat hulle in 'n rots gekap het. Hy het 'n groot klip voor die graf gerol.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

46
Josef het ’n groot stuk linne gekoop en nadat hy Jesus se liggaam van die kruis afgehaal het, het hy die liggaam in die linnedoek toegedraai. Hy het Jesus gaan begrawe in ’n graf wat uit rots gekap was en soos ’n kamertjie gelyk het. En hy het ’n groot ronde klip voor die ingang van die graf gerol.
Afrikaanse Bybel DB 2006

46
Josef het 'n stuk linne gekoop, Jesus van die kruis gaan afhaal, Hom in die linne toegedraai en neergelê in 'n graf wat in die rots uitgekap was. Hy het 'n klip voor die ingang van die graf gerol.
Afrikaanse Bybel 1983

46
En hy het linne gekoop, en Hom afgehaal en in die linne toegedraai, en Hom neergelê in 'n graf wat in 'n rots uitgekap was. En hy het 'n steen teen die opening van die graf gerol.
Afrikaanse Bybel 1933/1953