A A A A A

Markus 15

43
het Josef van Arimatea, ’n geëerde raadslid, ’n man wat self verlang het na die begin van God se koningsheerskappy, moed bymekaargeskraap om na Pilatus toe te gaan en te vra of hy Jesus se liggaam kon kry.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

43
Josef van Arimatea was 'n belangrike man in die Joodse Raad. Hy het ook gewag dat die tyd sal kom wanneer God Koning sal wees oor almal. Josef het na Pilatus toe gegaan. Hy was bang, maar hy het gevra of hy Jesus se liggaam kan kry.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

43
Josef van Arimatea was ’n lid van die Joodse Raad en het baie uitgesien na die tyd wanneer God kragtig as Koning in sy nuwe wêreld sou heers. Hy het die moed bymekaargeskraap en is na Pilatus toe om te vra of hy maar Jesus se liggaam kon gaan begrawe.
Afrikaanse Bybel DB 2006

43
Josef van Arimatea, 'n vooraanstaande lid van die Joodse Raad en iemand wat self ook uitgesien het na die koms van die koninkryk van God, kom toe daar aan. Hy het dit gewaag om na Pilatus toe te gaan en die liggaam van Jesus te vra.
Afrikaanse Bybel 1983

43
kom daar 'n vername raadslid, Josef van Arimath,a, wat self ook die koninkryk van God verwag het; en hy waag dit om na Pilatus in te gaan en die liggaam van Jesus te vra.
Afrikaanse Bybel 1933/1953