40 |
Daar was ook vroue wat alles op ’n afstand dopgehou het, onder andere Maria Magdalena, Maria — die ma van Jakobus junior en Joses — en Salome. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
40 |
Daar was 'n paar vroue wat 'n bietjie verder gestaan en kyk het. Maria Magdalena en Maria ma van Klein-Jakobus en Joses, en ook Salome was daar. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
40 |
’n Entjie van die kruis af het ’n groepie vroue gestaan en kyk. Onder hulle was Maria Magdalena en Maria (sy was Joses en Klein-Jakobus se ma) asook Salome. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
40 |
Daar het ook vroue op 'n afstand gestaan en kyk. Onder hulle was Maria Magdalena en Maria die moeder van Klein-Jakobus en Joses, en Salome. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
40 |
En daar was ook vroue wat van ver af dit aanskou het. Onder hulle was Maria Magdal,na ook, en Maria, die moeder van Jakobus, die kleine, en van Joses, en Salome -- |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|