A A A A A

Markus 15

4
Pilatus het weer ’n vraag aan Hom gestel: “Antwoord jy dan niks nie? Wat van al hierdie beskuldigings teen jou?”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Pilatus vra toe weer vir Jesus: “Hoekom sê jy niks? Hulle beskuldig jou oor so baie dinge!”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Pilatus vra Jesus toe weer: “Luister net wat sê hierdie mense alles van jou. Wil jy nie jouself verdedig nie?”
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
Pilatus het Hom toe verder ondervra. “Verweer jy jou glad nie?” het hy gevra. “Kyk waarvan beskuldig hulle jou alles.”
Afrikaanse Bybel 1983

4
En Pilatus het Hom weer gevra en gesê: Antwoord U niks nie? Kyk hoe baie getuienisse hulle teen U inbring.
Afrikaanse Bybel 1933/1953