A A A A A

Markus 15

36
Toe hardloop iemand, maak ’n spons vol suur wyn, sit dit op ’n riet en gee dit vir Hom om te drink. Hy sê toe: “Wag, kom ons kyk of Elia hom kom afhaal!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

36
Iemand het gehardloop en hy het 'n spons vol suur wyn gemaak. Hy het dit op 'n dik riet gesit en vir Jesus probeer gee sodat Hy dit kon drink. Die man het gesê: “Wag, kom ons kyk of Elia kom om hom van die kruis af te haal.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

36
Een van hulle bring toe vinnig ’n spons wat in wyn gedruk is. Hy sit die spons op ’n stok sodat Jesus kon drink en sê: “Los hom nou uit sodat ons kan sien wat gaan gebeur. Miskien kom haal Elia hom van die kruis af.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

36
Een van hulle het toe gehardloop, 'n spons in suur wyn gesteek en dit vir Hom op 'n stok gehou om te drink. Hy het gesê: “Wag, kom ons kyk of Elia hom van die kruis kom afhaal.”
Afrikaanse Bybel 1983

36
Toe hardloop een en maak 'n spons vol asyn en sit dit op 'n riet en laat Hom drink; en hy sê: Wag, laat ons sien of El¡a kom om Hom af te haal.
Afrikaanse Bybel 1933/1953