31 |
Die priesterhoofde en die skrifkenners het ook onder mekaar met Jesus gespot en gesê: “Foeitog, hy het ander gered, maar hy kan homself nie red nie. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
31 |
Die priesterleiers en die skrifgeleerdes het ook so aangehou om vir Jesus te spot. Hulle het vir mekaar gesê: “Hy het ander mense gered, maar hy kan homself nie red nie! |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
31 |
Die godsdienstige leiers van die Jode het net so te kere gegaan. Hulle het Jesus onder mekaar gespot: “Dit help nou veel. Ander kon hy help,” het hulle gesê, “maar nou kan hy homself nie eens uit die moeilikheid help nie. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
31 |
Net so het die priesterhoofde en die skrifgeleerdes ook spottend vir mekaar gesê: “Ander het hy gered; homself kan hy nie red nie! |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
31 |
En so het ook die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes gespot en vir mekaar gesê: Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|