26 |
’n Plakkaat bokant Jesus se kop het die rede vir sy veroordeling uitgespel: “Die Koning van die Jode.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
26 |
Bo-aan die kruis het hulle op 'n plank geskryf hoekom hulle vir Jesus gekruisig het. Hulle het geskryf: “Die koning van die Jode.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
26 |
Op die kennisgewing wat verduidelik het hoekom Hy gekruisig is, het gestaan: “Die koning van die Jode.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
26 |
En die rede waarom Hy gekruisig is, was op 'n bordjie aan die kruis geskrywe: “Die koning van die Jode.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
26 |
En die opskrif van sy beskuldiging was bokant Hom geskrywe: DIE KONING VAN DIE JODE. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|