11 |
In hierdie stadium het die priesterhoofde die skare egter aangehits om te vra dat hy liewer Barabbas vir hulle moes vrylaat. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
11 |
Die priesterleiers het aangehou om vir die mense te sê hulle moet vra dat Pilatus vir Barabbas uit die tronk moet laat kom, nie vir Jesus nie. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
11 |
Die priesters het niks gehou van Pilatus se voorstel nie en het die klomp mense buitekant opgesweep om te vra dat Barabbas eerder losgelaat moet word. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
11 |
Hulle het die mense egter opgesteek om te vra dat hy liewer Barabbas vir hulle moet loslaat. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
11 |
Maar die owerpriesters het die skare aangehits dat hy liewer Bar bbas vir hulle moes loslaat. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|