A A A A A

Markus 15

11
In hierdie stadium het die priesterhoofde die skare egter aangehits om te vra dat hy liewer Barabbas vir hulle moes vrylaat.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

11
Die priesterleiers het aangehou om vir die mense te sê hulle moet vra dat Pilatus vir Barabbas uit die tronk moet laat kom, nie vir Jesus nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

11
Die priesters het niks gehou van Pilatus se voorstel nie en het die klomp mense buitekant opgesweep om te vra dat Barabbas eerder losgelaat moet word.
Afrikaanse Bybel DB 2006

11
Hulle het die mense egter opgesteek om te vra dat hy liewer Barabbas vir hulle moet loslaat.
Afrikaanse Bybel 1983

11
Maar die owerpriesters het die skare aangehits dat hy liewer Bar bbas vir hulle moes loslaat.
Afrikaanse Bybel 1933/1953