A A A A A
Matt 19
16
Iemand het na Jesus toe gekom met die vraag: “Leermeester, watter goeie ding moet ek doen om die ewige lewe te ontvang?”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

16
Iemand het na Jesus toe gekom en vir Hom gevra: “Meneer, watter goeie ding moet ek doen om die ewige lewe te kry?”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

16
Op ’n dag het ’n jongman vir Jesus kom sê: “Goeie Leermeester, U praat so baie oor God se nuwe wêreld. Ek wil ook bitter graag daar ’n plek kry. Sê my, watter goeie dinge moet ek doen sodat ek vir altyd daar kan gaan bly?”
Afrikaanse Bybel DB 2006

16
Daar het iemand na Hom toe gekom en gesê: “Meneer, watter goeie daad moet ek doen om die ewige lewe te verkry?”
Afrikaanse Bybel 1983

16
En daar kom een na Hom en sê vir Hom: Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê?
Afrikaanse Bybel 1933/1953