A A A A A

Nahum 3

4
Nineve, die mooi en sedelose vrou, is die oorsaak hiervan, sy wat guns wen met haar betowering, wat volke verslaaf met haar onsedelikheid en families met haar toorkuns.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
“Nineve, dit sal alles gebeur omdat jy soos 'n prostituut is, 'n mooi vrou wat getoor het. Jy het ander mense gevat, en hulle het jou slawe geword. Jy het alles gevat wat hulle het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Hoekom gebeur dit? ’n Mens hoef nie te ver te soek vir ’n rede hoekom hierdie straf gegee is nie: Nineve het haar dikwels soos ’n los vrou gedra. Sy was ’n baie mooi vrou. Sy het jou maklik betower. Maar sy het dit gebruik om volke te verlei. Sy het hulle geleer om haar gode te aanbid. Só het sy hulle in haar mag gekry.
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
Dit kom van die hoer Nineve se onsedelikheid, die mooi vrou met haar toorkunste, wat volke verwoes het met haar hoerery, nasies met haar toorkunste.
Afrikaanse Bybel 1983

4
Weens die veelheid van die hoererye van die hoer vol bevalligheid, 'n meesteres in towerkunste, wat nasies met haar hoererye verkoop het en volkstamme met haar towerkunste.
Afrikaanse Bybel 1933/1953