A A A A A

Nahum 3

19
Jou wond kan nie meer genees nie, jou siekte is noodlottig. Almal wat van jou ondergang hoor, klap hulle hande van blydskap. Want wie het nie onder jou wreedheid gely nie?
Afrikaanse Bybel NLV 2011

19
Nineve, die vyande sal jou verwoes, en niemand sal jou weer bou nie. Al die mense sal bly wees, almal wat hoor wat met jou gebeur het. Hulle sal hande klap, want jy het wrede dinge gedoen aan almal.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

19
Jou omstandighede is soos ’n wond wat nie gesond wil word nie. Uiteindelik gaan ’n mens daarvan dood. Dis die einde, niks kan aan jou omstandighede gedoen word nie. Dit is soos dood. Jou wreedheid het nie grense gehad nie. Baie mense het swaar onder jou wreedheid gely. Vir hulle is die nuus van jou ondergang baie goeie nuus. Hulle is verskriklik bly daaroor!
Afrikaanse Bybel DB 2006

19
Jy is verwoes, en jy sal nie herstel nie, jou wond is dodelik; almal wat die tyding oor jou verneem, klap hande daaroor, want wie het nie almal voortdurend onder jou wreedhede gely nie?
Afrikaanse Bybel 1983

19
Daar is geen herstel vir jou verbreking nie; jou wond is ongeneeslik; almal wat die tyding omtrent jou verneem, slaan hulle hande saam oor jou; want oor wie het jou boosheid nie voortdurend heengegaan nie?
Afrikaanse Bybel 1933/1953